AKADEMIE

Goudveld het homself reeds telkemale bewys as die toonaangewende akademiese skool in die distrik en is al verskeie kere as die Beste Presterende Skool in ons onderwysdistrik aangewys.  Die Gouties het na aanleiding van 2010 se matriekuitslae die Goue Toekenning (FOTO) vanaf die Lejweleputswa onderwysdepartement ontvang en weereens as die “Overall Best Performing School” aangewys.  (FOTO)  Goudveld-Hoërskool het ook die toekennings ontvang vir die beste matriekuitslae in die distrik vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe na afloop van die 2010 matriekeksamen.

Opsomming van Matriekuitslae 2010:

100% Slaagsyfer
231 Vakonderskeidings
4 Leerders onder die Top 100 leerders in die Vrystaat

3 Leerders behaal 8 onderskeidings
3 Leerders behaal 7 onderskeidings
2 Leerders behaal 6 onderskeidings
5 Leerders behaal 5 onderskeidings

81% van kandidate slaag met toelating vir graaddoeleindes (Matriekvrystelling)

Daar is op provinsiale en nasionale vlak kennis geneem van die Gouties se uitnemende akademiese prestasies die afgelope 12 jaar en dit het ‘n geskrewe standaard geword waarop akademiese onderrig aangebied word.  ‘n Mens kan nie wegskroom van die feit dat moedertaalonderrig steeds die mees voordeligste wyse van onderrig vir enige leerder is nie en dit word bewys deur oud-Gouties wat jaarliks die Golden Key Awards by hul onderskeie universiteite verwerf asook die algemene sukses wat ons oud-leerders behaal in verskeie tersiëre instellings.

Goudveld-Hoërskool het vier jaar gelede die voortou geneem in interaktiewe onderrig d.m.v interaktiewe witborde in sommige wiskunde-klasse.  Vandag kan met trots gesę word dat die meeste van die Gouties se klaskamers toegerus is met hierdie tegnologie wat ‘n nuwe dinamika moontlik maak vir onderwyser en leerder.  (FOTO)

Die Gouties is ook die trotse wenners van die nasionale iThink Challenge 2010 in Kaapstad die afgelope Desember.  Daar is skoonskip gemaak tydens die plaaslike en provinsiale rondtes van hierdie Hip 2B˛ inisiatief, wat deur Mark Shuttleworth begin is. Hierdie organisasie, wat gemoeid is met die bevordering van Wetenskap en Wiskunde het die drie beste presterende spanne in Suid-Afrika na Kaapstad genooi om aan die finale rondte deel te neem.



“AKADEMIE IS ONS TROTS”
Goudveld Hoërskool