Goudveld-Hoërskool streef om 'n toonaangewende Christelik Afrikaansmedium skool in die Goudveld en die Vrystaat te bly. Dit wil ons bereik deur elke leerder toe te rus vir verdere studie of werkgeleenthede sodat hy/sy ons skool met 'n toekomsverwagting kan verlaat.
Visie
Missie
In die verwesenliking van uitmuntende onderwys en opvoeding onderneem ons om Christelike waardes uit te leef en uit te bou
Leerlinge
Leerders:

'n Leerder van Goudveld-Hoërskool:

Gebruik sy/haar talente ten volle in die akademie, op sportgebied asook in kultuurbeoefening.

Is trots op die Afrikaanse taal- en kultuurerfenis en streef na die handhawing en uitbouing daarvan.

Openbaar en bevorder skooltrots.

Is te alle tye netjies en hoflik en tree bedagsaam teenoor almal op.
Personeel:

Is lojaal teenoor die onderwys,
kollegas en die leerders met woord en
daad. Stel die belange van die skool
voorop.
Ouergemeenskap:

Stel belang in en is betrokke by hul
kinders se akademiese vordering en
buitemuurse aktiwiteite. Gee hul
ondersteuning aan die beheerliggaam,
ouerverenigings, personeel en leerders.
Goudveld Hoërskool