Goudveld Hoërskool
Die skool is weer as die "Algehele Beste Presterende Skool" in Lejweleputswa aangewys. Dit beteken dat ons nou al vir jare die beste op akademiese gebied presteer.

Op die buitemuurse terrein het ons leerders ook hul merk gemaak. Dit is vir ons belangrik om nie net in akademie te presteer nie, maar veral ook op die sport-en kultuurgebied.

Hierdie jaar is 'n feesjaar vir Goudveld-Hoërskool. Ons is vyftig jaar oud en het dit met hope pret gevier.

Ons nooi jou uit om van hierdie spogskool 'n leerder te word. Glo ons, lekker harde werk en hope pret is jou voorland.