Goudveld Musiekskool het in Januarie 2009 sy deure geopen. 'n Behoefte is ge­identifiseer om onderrig in verskillende instrumente te ontvang. Binne 1 jaar was daar reeds 280 leerders wat onderrig ontvang het in die verskeie instrumente en sang.

Die musiekskool spreek hierdie behoefte aan en leerlinge kan onderrig ontvang in verskillende in­strumente nl. blokfluit, dromme, klarinet, klavier, klawerbord, kitaar (akoesties, elek­tries en bas), pyporrel, saksofoon en viool. By die skool word oud en jonk onderrig en kan kleuters reeds van 'n vroeg ouderdom bekendgestel word aan musiek deur die Musik Garten program te volg.

Musiek word ook as vak aangebied. Hierdie musiekskool is nie net vir die Gouties 'n aanwins nie, maar ook vir elke individu van buite die skool wat aansluit.

Uiters bekwame leerkragte wat onderrig aanbied is:
Gerda Koekemoer (musiekhoof),
Eranee de Beer, Brendon Dicks,
Jorika Ferreira, Tanya Snyman,
Piet Kruger, Phillip van der Walt.
Goudveld Musiekskool
Goudveld Hoërskool