Johan Jansen van
Vuuren
Albert Einstein het eendag gesê dat verbeelding baie meer werd
as kennis is.

Goudveld-Hoërskool bied ons as Gouties die geleentheid om vir
onsself met behulp van die skool 'n verbeeldingsprentjie te skep,
van die perfekte skool, die skool waarna u verlang…

Verder bied die skool ons toegang tot kennis. Met bekwame
opvoeders, blink leerders van Goudveld-Hoërskool uit op die
sportveld, kultuurgebied en in akademie. U verbeeldingswêreld
hoef nie net 'n lugborrel te wees nie, maar 'n werklikheid.

Streef, Werk, Oorwin: Goudveld-Hoërskool!!!

Ashleigh-Ann
Gilchrist
Die Hoërskool!! 'n Nuwe hoofstuk in jou lewe wat wag vir jou om
die regte keuse te maak.

Hier by Goudveld-Hoërskool skep ons 'n stewige Christelike
fondament. Goudveld-Hoërskool is nie net 'n akademie gedrewe
skool nie, maar presteer ook op kultuur- en sportgebied. Hier
benut jy elke geleentheid ten volle en met die hulp van ons
onderwysers kan jy enige doelwit bereik.

Goudveld-Hoërskool sal vir jou geleentheid bied wat jou van 'n
stukkie klip in 'n pragtige diamant sal verander. Jy moet net die
regte keuse maak!

As jy 'n Goutie is, is jy 'n wenner!! Daar is net een
nr.1......Goudveld-Hoërskool!!
Goudveld Hoërskool