Slaan oor na inhoud
057 352 7187 Ma.–Do. 07:15 – 15:00 · Vr. 07:15 – 14:00
Goudveld Hoërskool · Welkom
Welkom by

Goudveld-Hoërskool

Christelike, Afrikaansmedium skool in die Goudveld en die Vrystaat.

Prospektus 2026Aanlyn Aansoeke
Skoolhoof

Boodskap van die Skoolhoof

Geagte voornemende Goutie-leerder en ouer

Elke groot reis begin met 'n besluit, 'n keuse om nie net 'n pad te stap nie, maar om daardie pad met oortuiging, karakter en doelgerigtheid te loop. Om deel te word van Goudveld-Hoërskool, is om jouself te verbind tot so 'n reis. 'n Reis van groei, van ontdekking, en van buitengewone vorming, nie net as leerder nie, maar as mens.

By Goudveld glo ons dat 'n skool nie net 'n plek van leer is nie, maar 'n ruimte waar roepings ontdek word. Hier vorm ons jongmense wat kan droom én doen, wat kan praat én luister, wat met selfvertroue vorentoe beweeg maar altyd hul wortels onthou. Ons onderrig met uitmuntendheid, maar ons vorm met wysheid, want ons is oortuig: kennis sonder karakter is leeg, maar karakter met kennis is lewensveranderend.

Ons waardes is nie net op papier nie, dit leef in die gange van hierdie skool. Respek, eerlikheid, lojaliteit, diensbaarheid, harde werk en geloof is nie net slagspreuke nie; dit is ons fondasie.

As Christelik-gefundeerde skoolgemeenskap hou ons vas aan die wete dat elke leerder geskape is met 'n doel. Hier word jy nie net voorberei op matriek nie, jy word toegerus vir die lewe. Ons moedig leerders aan om hul gawes te ontdek en te ontwikkel: akademies, sportief, kultureel en geestelik.

As jy kies om 'n Goutie te word, kies jy meer as 'n skool, jy kies 'n identiteit, 'n familie en 'n nalatenskap.

Met trots en vooruitsig
Bestuur

Adjunkhoofde

Mnr. Steve Kruger
Adjunkhoof · Sport

Mnr. Steve Kruger

Adjunkhoof verantwoordelik vir sport by Goudveld-Hoërskool.

Mev. Hester Nortje
Adjunkhoof · Akademie

Mev. Hester Nortje

Adjunkhoof verantwoordelik vir akademie by Goudveld-Hoërskool.

Mej. Madri Harmse
Adjunkhoof · Dissipline & Landbou

Mej. Madri Harmse

Adjunkhoof verantwoordelik vir dissipline en landbou by Goudveld-Hoërskool.

Ons Visie

Waarheen ons op pad is

Goudveld-Hoërskool streef om 'n toonaangewende Christelike, Afrikaansmedium skool in die Goudveld en die Vrystaat te bly. Dit wil ons bereik deur elke leerder toe te rus vir verdere studie of werkgeleenthede, sodat hy of sy ons skool met 'n toekomsverwagting kan verlaat.

Ons Missie

Hoe ons dit doen

In die verwesenliking van uitmuntende onderwys en opvoeding onderneem ons om ons waardes van Geesdrif, Omgee, Uitnemendheid, Trots, Integriteit, Respek en Selfdissipline uit te leef en uit te bou.

GeesdrifOmgeeUitnemendheidTrotsIntegriteitRespekSelfdissipline
Ons Waardes

Waarvoor Goudveld staan

Sewe waardes wat ons klaskamers, gange, sportvelde en verhoë vorm.

Geesdrif

Omgee

Uitnemendheid

Trots

Integriteit

Respek

Selfdissipline

Ons lewe by Goudveld

Oomblikke uit die gange, saal en velde

'n Blik op wat dit beteken om 'n Goutie te wees, van akademie tot sport tot kultuur.

Dit is lekker

Dit is lekker om 'n Goutie te wees

Maak deel van 'n gemeenskap wat waardes, tradisie en Afrikaans hoog ag.