FNB Classic Clash-wenners 2011. Hartlik geluk GOUTIES!!!

 

 

 

 

 

GOUDVELD-HOЁRSKOOL

 

Taalbeleid

 

1.     Inleiding

 

Hierdie dokument is die taalbeleid van Goudveld-Hoërskool wat op 16 September 2010 deur die skoolbeheerliggaam goedgekeur is.  Die taalbeleid is opgestel in ooreenstemming met die bepalings van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (‘die Skolewet’); die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Wet 27 van 1996; toepaslike provinsiale wetgewing oor skoolonderwys, regspraak van
Suid-Afrikaanse howe; die Internasionale Konvensie met betrekking tot die  Regte van Kinders; die “African Charter on the Rights and Welfare of Children”; die Norme en Standaarde vir Taalbeleid in Openbare Skole, 1997 (GK 1701 van
19 Desember 1997) en die aanwysings van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.

 

2.     Faktore in ag geneem

 

Met die opstel van hierdie beleid is die volgende faktore in ag geneem:

·        Die belange van die leerders;

·        Die  belange van die skoolgemeenskap;

·        Die belange van die gemeenskap waarin die skool geleë is;

·        Die vermoë van die skool;

·        Die hulpbronne en personeel waaroor die skool beskik;

·        Internasionale beste praktyk met betrekking tot klasgroottes en taal in onderrig, met besondere verwysing na die belange van moedertaalonderrig.

 

3.     Onderrig en eksaminering

 

Alle onderrig en die aflê van toetse en eksamens geskied in Afrikaans, uitgesluit Engels EAT, wat die onderrigtaal van die skool is.

 

 

 

4.     Beleid oor onderrigtaal

 

·        Die skool is ‘n enkelmediuminstelling.

·        Die onderrigtaal is Afrikaans van graad 8 tot graad 12.

·        Alle korrespondensie aan ouers en ander dokumente is in Afrikaans.

 

5.     Bevordering van veeltaligheid

 

Die skool bevorder veeltaligheid deur, benewens Afrikaans, ook Engels as volwaardige taalvak by die skool aan te bied.

Dit geskied soos volg:

Tale wat as volwaardige vakke in Goudveld-Hoërskool as Afrikaanse enkelmedium skool aangebied word:

Afrikaans Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal

 

Elke opvoeder by die skool doen redelike stappe om leerders oor die belang van veeltaligheid in te lig en om respek vir ander tale te bevorder.

 

Aanvaar deur die Beheerliggaam van Goudveld-Hoërskool tydens ‘n beheerliggaam- vergadering gehou te Welkom op 16 September 2010.

Javascript DHTML Drop Down Menu Powered by dhtml-menu-builder.com