FNB Classic Clash-wenners 2011. Hartlik geluk GOUTIES!!!

 

 

 

 

Javascript DHTML Drop Down Menu Powered by dhtml-menu-builder.com
 

GOUDVELD-HOëRSKOOL

 

ASSESSERINGSBELEID

 

  • INLEIDING
  • ·          Die Assesseringsbeleid van Goudveld-Hoërskool is gebaseer op die riglyne van die HNKV, die NKV, die Nasionale Protokol          vir Assessering, asook die Assesseringsriglyne van die        onderskeie    vakke.

    ·          Assessering is ‘n proses van identifisering, versameling en     interpretasie van ‘n leerder se prestasie, soos gemeet teen      die uitkomste en assesseringstandaarde vir ‘n bepaalde        leerfase waaroor nasionaal ooreengekom is.  Dit behels vier stappe:  die generering en versameling van bewyse van     prestasie,  die evaluering van hierdie bewyse teenoor die        uitkomste, dokumentering van die bevindinge van      die     evaluering en die gebruik van hierdie inligting om        met die         leerder se ontwikkeling      behulpsaam te wees en die        proses van leer en   onderrig te verbeter.

    ·          Dit is derhalwe belangrik om op ‘n voortdurende grondslag   geldige en betroubare inligting oor die prestasie van die           leerder te versamel teenoor duidelik bepaalde kriteria deur   van ‘n verskeidenheid metodes, instrumente, tegnieke en         kontekste gebruik te maak.  Die bevindinge moet   aangeteken word en daar moet daaroor verslag gegee          word op ‘n gereelde basis, deur positiewe, ondersteunende       en motiverende terugvoering te verskaf aan opvoeders,           leerders, ouers en ander rolspelers.

    ·          Assessering moet in ‘n outentieke konteks plaasvind en in ‘n omgewing wat omgee en nie-veroordelend is.  Dit moet dien as ‘n   positiewe bevestiging van die leerder en erkenning        verleen aan watter bevoegdhede en uitkomste die leerder tot         op datum verwerf het en deur die vorige bemeestering van    uitkomste in ag te neem.  Onder geen omstandighede moet          enige vorm van assessering nadelig wees vir die         ontwikkeling van die leerder nie.

    ·          Opvoeders moet verseker dat Uitkomsgebaseerde Assessering        geldig, regverdig en prakties is.

  • DIE DOEL VAN ASSESSERING
  • ·          Volgens die HNKV en die NKV is die algemene doel met die   assessering van leerders groei, ontwikkeling en steun.    Assessering moet ruim genoeg wees om houdings, prosesse,        waardes en vaardighede, sowel as konsepte en kennis in te   sluit.

    ·          Die doel van assessering is om ‘n leerder se vordering in ‘n   vak te monitor, sodat besluite geneem kan word oor die         beste wyse waarop verdere leer gefasiliteer kan word ten        opsigte van verwagte kennis, vaardighede, houdings en        waardes.  Assessering moet ten alle tye deursigtig,    geregverdig en verantwoordbaar wees.

    ·          Leerders leer teen verskillende tempo’s en gebruik      verskillende leerstyle. 

    ·          Kriteria-verwysende assessering onderlê alle assessering wat          plaasvind. Die opvoeder moet gedurende die assessering          standaarde gebruik wat die leerder se vordering in die        bereiking van die leeruitkomste toon.

    ·          Assesseringstandaarde vir elke graad en fase sal die minimum         standaarde per graad wees.  Dit sal die beweging van die     leerders tussen skole, streke ens. fasiliteer.  Dit skryf nie voor          wat opvoeders moet onderrig nie, maar dui die leeruitkomste         en assessering standaarde vir elke graad aan.  Dit verskaf ‘n bykomende instrument vir die bepaling van areas van steun   waaraan opvoeders moet aandag skenk na afloop van elke    assesseringsproses. 

    Die opvoeder dra die algehele  verantwoordelikheid vir die assessering van leerders.  Die werklike vorm van assessering wat onderneem word, bepaal die besluit oor wie betrokke moet wees.  Opvoeders assesseer leerders ten einde groei en ontwikkeling te steun.  Dit behels ‘n vennootskap tussen opvoeder, leerder, ouers, die Distrikassesseringspan (DAS) en die Skoolassesseringspan (SAS).

     

  • PROSEDURES
  • 3.1     Deurlopende Assessering

    ·              Deurlopende assessering is die proses waarvolgens geldige en         betroubare inligting oor die prestasie van die leerder op ‘n     deurlopende grondslag versamel word.   Dit word gedoen      deur gebruik te maak van ‘n verskeidenheid metodes, instrumente, tegnieke en kontekste, die opteken van bevindings en die verslaglewering aan leerders, ouers,          ander opvoeders, en ander rolspelers.  Deurlopende     assessering moet die volle reeks vaardighede, kennis,      waardes en houdings in die leer- en onderrigproses dek.

    ·              Die totale oogmerk van deurlopende assessering is om die    ontwikkeling van die leerder te steun en om terugvoering te   verskaf oor die onderrig- en leerproses.

    ·              Deurlopende assessering stel opvoeders in staat om enige    beplande leerervaring te gebruik om leerderprestasie en         vordering te assesseer. 

    ·         Assessering kan formeel of informeel wees. 

    BELANGRIK: Slegs formele assessering deur die opvoeder mag gerekordeer word.

     

    3.2   Asseseringsprosedures

                                 Assesseringsprosedures moet daaraan erkenning verleen dat           leerders kennis op unieke en verskeie wyses verwerk.  ‘n          Verskeidenheid metodes en gepaste instrumente en tegnieke,      wat met die leerder se behoeftes vergelykbaar is, moet         gebruik word.  Gekose metodes, instrumente en   tegnieke moet ‘n reeks geleenthede aan leerders verskaf       om kennis, vaardighede, waardes en houdings te     demonstreer.

                                 Die oogmerk met assessering het ‘n groot impak op die        assesseringsmetodes, -instrumente en –tegnieke wat gebruik    word.  ‘n Gebalanseerde kombinasie van hierdie         metodes, instrumente en        tegnieke moet gebruik word ten   einde die prestasie van leerders so regverdig en                    deursigtig moontlik vas te stel.

    ·                     ‘n Assesseringsmetode verwys hier na ‘n prosedure om         tydens die assessering van leerders te volg.  Die opvoeder se          keuse van metodes hang grootliks af van wat geassesseer           moet word.

    ·                     ‘n Instrument is enige middel wat die opvoeder gebruik        wanneer geassesseer word.

    ·                     ‘n Tegniek is ‘n spesiale wyse waarop die opvoeder die         metode en instrument gebruik ten einde aan leerders       geleenthede te verskaf om hul bewyse van prestasie op           verskillende maniere te demonstreer.

     

     

    3.3        Hoofdoelstellings van assessering

    3.3.1    Grondlyn-assessering: Dit is die assessering wat ‘n opvoeder          gebruik by die aanvang van ‘n nuwe stel aktiwiteite.    Grondlyn-assessering word gebruik om vas te stel wat die      leerders alreeds weet en kan demonstreer, ten einde ‘n         besluit te neem oor die vlak van eise wat in die       leerervaring ingebou moet word.

    3.3.2    Formatiewe assessering: Dit behels ‘n    ontwikkelingsbenadering en is ontwerp om die      leerervaring te        monitor en te ondersteun.  Dit is op ‘n deurlopende grondslag        in leeraktiwiteite ingebou, en dit lei die leerder en die         opvoeder deur middel van konstruktiewe terugvoer.  Dit verskaf ook aan die opvoeder inligting vir sy / haar besluite      met betrekking tot die keuse van gepaste opvolg-      aktiwiteite.  Formatiewe assessering sal aandui watter         situasies die leerder se sterk punte bevorder of belemmer.  Dit dui ook aan watter assesserings-instrumente, - metodes en –tegnieke geskik is om in die assessering van leerders te gebruik.

    3.3.3    Diagnostiese assessering:  Dit is assessering wat spesifiek     daarop gerig is om die aard en oorsaak van ‘n    leerprobleem          te bepaal.

    3.3.4    Summatiewe assessering: Dit behels ‘n reeks    assesseringsaktiwiteite wat op ‘n totale verslag van die   leerder se prestasie uitloop.  Summatiewe assessering vind   gewoonlik aan die einde van ‘n leereenheid plaas, bv. in die         vorm van toetse of eksamens.

             Toetse

    ·                     Toetse word geskryf volgens vakvoorskrifte en riglyne in die Assesseringsriglyne vir elke vak of leerarea.

    ·                     Toetspunte moet tot die DASS-punt bydra.  Elke vak het ‘n vakbeleid wat gevolg moet word.

    ·                     ‘n Behoorlik getikte toets met ‘n memorandum moet vir kontrole-doeleindes beskikbaar wees in die onderwyser se portefeulje.

    ·                     Toetsresultate word op die korrekte puntelyste aangeteken.

    Eksamens

    Alle Graad 10 – 12 vraestelle moet volgens die taksonomie van Bloom opgestel word, volgens die vereistes van die Onderwysdepartement.  Afrikaans Huistaal kan volgens Bloom of die taksonomie van Barett op gestel word.  Engels eerste Addisionele taal word volgens die taksonomie van Barett opgestel.

    Sommige vraestelle in die VOO-fase, sal deur die Onderwysdepartement opgestel word. ‘n Eksamenrooster sal dan ook deur die Onderwysdepartement beskikbaar gestel word.

    ·                     Eksamenvraestelle moet kwartaalliks deur vakhoofde  gekontroleer en korrek gesertifiseer word.

    ·                     Na elke eksamen moet 10% van die betrokke antwoordstelle gemodereer/gekontroleer  word.

    ·                     Alle vraestelle word self op die rekenaar gedoen.

    ·                     Alle vraestelle word by die sekretaresse verantwoordelik vir afrolwerk, ingehandig vir afrol.

    ·                     Onderwysers moet hou by datums soos op die jaarprogram bepaal.

    ·                     Die volgende moet bo-aan die vraestel verskyn:

    -                      Naam van skool.

    -                      Vak.

    -                      Graad.

    -                      Tydsduur.

    -                      Totale punt.

    -                      Eksaminator.

    -                      Datum van eksamen.

    Daar word geen eksamen in die eerste kwartaal geskryf nie. Eksamens vir Graad 8 tot 12 word gedurende die tweede, derde en vierde kwartaal geskryf.

    -                      ‘n Eksamenvraestel mag op geen ander dag of tyd as op die eksamenrooster aangedui, geskryf word nie.

    -                       Indien ‘n leerder ‘n vraestel nie skryf nie, moet die nodige dokumentasie ingehandig word.

    -                      Vir Graad 8 en 9 word die kwartaalpunt verwerk na die rapportpunt.

    -                      Vir Graad 10 – 12 word ‘n “Afwesig” gegee op die rapport.

    -                      Alle onderwysers wat deel is van ‘n vak, moet kennis dra van die inhoud van die vraestel en memorandum vir ‘n spesifieke eksamen of toets.

     

    4.     ASSESSERINGBEPLANNING

    ·         Daar moet jaarliks ‘n assesseringsprogram in alle vakke opgestel word deur die vakhoof.

    ·         Duidelike riglyne moet neergelê word vir die volgende:

    ·           Hoe deurlopende assessering beplan en geïmplementeer gaan     word.

    ·           Rekordering, versameling en byhou van assessering.

    ·           Assesseringskodes.

    ·           Moderering.

    ·           Gereeldheid van assessering en -metodes of -tegnieke gebruik.

    ·           Leeruitkomste en assesseringstandaarde wat gebruik word.

    ·           Die aantal assesseringstake wat per jaar gedoen word. ‘n Assesseringsplan moet ontwikkel word uit die werkskedules.

    ·         ‘n Afskrif van die assesseringsplan moet in die opvoeder se portefeulje gehou word.

     

    Definisies vir verskillende tipes assessering

    ·           Navorsing of Ondersoek –  Onbekende inligting wat die leerder   self moet      ontdek.

    ·           Werksopdrag - Reeds bestaande kennis wat daagliks getoets mag         word.

    ·           Projek – Verskillende afdelings van die vak (bv. assessering) word                  gebruik om deur bestaande kennis ‘n praktiese probleem op                     te los (1 per jaar). Tydsduur van projek: 2 – 4 weke.

    ·           Gevallestudie – ‘n Praktiese voorbeeld van reeds bestaande                            kennis             (d.w.s. ‘n ware lewenssituasie) word gegee. ‘n                       Leerling moet dan reeds-bestaande kennis gebruik    om die                             probleem op te los.

    ·           Toets / eksamen – Word afgelê onder gekontroleerde                 omstandighede. Dit is formele summatiewe assessering.

     

    5.        REKORDERING EN VERSLAGGEWING VAN ASSESSERING

    a.     Nie alles wat gedoen en geleer word, word deur die onderwyser geassesseer nie.  Selfassessering, maatassessering en groepassessering moet ook aangewend word by formatiewe prosesse.

    b.     Slegs formele assesseringstake wat deur die onderwyser geassesseer word, mag gebruik word vir die formele formatiewe punt.

    c.      Puntestate moet altyd beskikbaar wees in die opvoeder se portefeulje.

    d.     Verslagvorms moet akkuraat en deurlopend wees.

    e.     Informele rapportering en terugvoering aan die ouers is belangrik.  Sodanige terugvoering geskied deur oueraande, telefonies, briewe en onderhoude.

    6.        Indien van Werksopdragte

    ·      Opdragte vir formele assessering moet ten minste 1 week, wat ‘n          naweek insluit, voor die inhandigingsdatum aan die leerder gegee         word.

    ·      Indien hierdie opdrag nie op die voorgeskrewe datum ingehandig         word nie, sal die volgende reels geld:

    - 1 dag laat         -        -10%

    - 2 dae laat         -        -50%

    - 3 dae laat         -        0 vir opdrag en die ouer word in kennis                                          gestel.

     

    7.        KODES

    Die volgende kodes moet gebruik word wanneer assessering gedoen word:

    %

    Beskrywing

    Vlak

    80 – 100%

    Uitstaande prestasie

    7

    70 – 70%

    Verdienstelike prestasie

    6

    60 – 69%

    Bevredigende prestasie

    5

    50 – 59%

    Gemiddelde prestasie

    4

    40 – 49%

    Voldoende prestasie

    3

    30 – 39%

    Basiese prestasie

    2

    0   - 29%

    Ontoereikende prestasie

    1

     

    8.        RAPPORTE EN SLAAGVEREISTES

    8.1 Graad 8

    ·           Die leerder slaag indien hy / sy drie of minder vlak 1-simbole behaal het.

    ·           Leerder druip indien hy / sy vier of meer vlak 1-simbole het.

    ·           Afrikaans en Engels is aparte vakke.

    8.2 Graad 9

    Die leerder moet die volgende bereik;

    ·              Vlak 3 in een taal;

    ·              Vlak 3 in Wiskunde;

    ·              Vlak 2 in ‘n ander taal;

    ·              Vlak 3 in 4 ander vakke

    Kondonering:

    Een van die volgende (Daar mag slegs net in EEN van die volgende vakke gekondoneer word):

    ·                Vlak 2 in taal.

    ·                Vlak 2 in Wiskunde.

    ·                Vlak 2 in een van die 4 vakke waarin eintlik 3’s moes wees.

    8.3    Graad 10, 11 en 12

    Die leerder moet die volgende bereik:

    8.3.1 Vir gewone Nasionale Senior Sertifikaat:

    ·              Vlak 3 in drie vakke waarvan een ‘n amptelike taal op huistaalvlak moet wees.

    ·              Vlak 2 in drie ander vakke.

    ·              In ‘n 7e vak minstens ‘n volledige portefeulje as bewys van skoolgebaseerde assessering.

    ·              40%+ in een van drie keusevakke.

    ·              30%+ in twee ander keuse vakke.

    Kondonering

    Geen.

    8.3.2  Toelating vir graaddoeleindes

           Moet in vier erkende vakke ‘n minimum van 50% (Vlak 4) behaal.

              8.3.3  Toelating vir diplomadoeleindes

             Moet in vier erkende vakke ‘n minimum van 40% (Vlak 3) behaal.

              8.3.4  Nie-erkende vakke volgens Goudveld-Hoërskool se vakkeuse

    Lewensoriëntering

    RTT

    Toerisme

              8.3.5  Erkende vakke volgens Goudveld-Hoërskool se vakkeuse

    Twee erkende tale

    Ekonomie

    Verbruikerstudies

    Rekeningkunde

    Lewenswetenskappe

    Wiskunde

    Besigheidstudies

    Fisiese Wetenskappe

    Wiskundige Geletterdheid

    Ingenieursgrafika & Ontwerp

    Geografie

     

     

    9.           RAPPORTE

    ·         GEEN veranderinge mag op ‘n rapport aangebring word nie.

    ·         Rapporte word met ‘n swart pen voltooi.

    ·         Omkring alle druipvakke  by Graad 8 – 12 in rooi (VLAK, nie persentasie of punt nie).

    ·         Stel vas of die kandidaat kwalifiseer vir graad- of diplomatoelating (Sien bo).

    ·         Die volgende opmerkings moet op die rapporte gebruik word:

    Graad 8 en 9 (gedurende die jaar)

    ·           Jannie voldoen aan die slaagvereistes.  Baie geluk.

    ·           Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie. (Gebruik noemnaam op die rapport).

    ·           Eksamen onvoltooid indien daar meer as een “a” is.  Eerste kwartaal: Toetsreeks.

    ·           ‘n Persoonlike opmerking mag daarna op die rapport geskryf word.

             Graad 8 en 9 (einde van die jaar)

    ·           Jannie voldoen aan die slaagvereistes en word bevorder na Graad 9 of 10.  (Gebruik noemnaam op rapport).

    ·           Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie en moet Graad ___ herhaal.

    ·           Eksamen onvoltooid indien daar meer as een “a” is.  Slaag op jaarpunt.

    ·           Eksamen onvoltooid. Druip op jaarpunt.

             Graad 10 – 12 (gedurende die jaar)

    ·           Jannie voldoen aan slaagvereistes vir graad-doeleindes. Baie geluk. (Gebruik noemnaam op die rapport).

    ·           Jannie voldoen aan slaagvereistes vir diploma-doeleindes.  Baie geluk.

    ·           Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie.  Gee meer aandag aan …

    ·           Eksamen onvoltooid indien daar meer as een “a” is.  Eerste kwartaal toetsreeks.

    ·           ‘n Persoonlike opmerking mag daarna op die rapport geskryf word.

              Graad 10 – 11  (einde van die jaar)

    ·           Jannie voldoen aan die slaagvereistes en word bevorder na Graad 11 of 12. (Gebruik noemnaam op rapport).

    ·           Jannie voldoen nie aan die slaagvereistes nie en moet Graad ___ herhaal.

    ·           Jannie voldoen aan die slaagvereistes vir graad-doeleindes en word bevorder na Graad 11 of 12.

    ·           Jannie voldoen aan die slaagvereistes vir diploma-doeleindes en word bevorder na Graad 11 of 12.

    ·           Eksamen onvoltooid indien daar meer as een “a” is.  Word bevorder na Graad 11 od 12 op jaarpunte.

    ·           Eksamen onvoltooid indien daar meer as een “a” is. Druip jaarpunt.

    LET WEL: Die eerste kwartaal is dit TOETSREEKS en nie eksamen nie!

    Rapporte word deur die registeronderwysers by die volgende persone op datums soos dit op die jaarprogram verskyn, ingehandig vir kontroledoeleindes en ondertekening:

    ·           Graadvoog of aangewese persoon soos op werksprogram aangedui.

     

    10.        SKEDULES

    10.1   Puntelyste

         Lyste vir die invul van eksamenpunte in elke vak word op die rekenaar voorberei en aan elke vakonderwyser voorsien.  Die punte word ingevul en opgetel.  Die onderwyser moet die totaal kontroleer en seker maak dat dit reg opgetel is.  Puntelyste moet deur die vakhoof gekontroleer en geparaffeer word alvorens dit ingehandig word.

         Punte moet na afloop van elke eksamen op die eerste dag van die   kwartaal voor 13:40 ingehandig word.  Vierde kwartaal: soos deur                 die akademiese hoof bepaal.  Alle antwoordstelle moet deeglik met      leerders gekontroleer word.

    10.2             Kwartaalskedules

    ·                    Vir die eerste drie kwartale word slegs ‘n finale punt by die rekenaarkamer ingehandig, nadat die punte met elke kind persoonlik gekontroleer is.

              Indien daar ‘n verskil is:

    ·                    Kontroleer met puntestate in die personeelkamer.

    ·              Indien die punt wat die leerders gegee het, ooreenstem met die puntestate, verander die punt op die skedule.

    ·              Verskille ten opsigte van die punte op die skedule, moet met die vakonderwyser uitgeklaar word.

    ·              Dui enige verandering BOKANT die gedrukte punt in rooi aan. Moenie die gedrukte punt deurhaal nie!

    ·              Maak ‘n kruisie in rooi aan die linkerkant van die naam indien daar enige verandering is.

    ·         Vir kwartaal 4 (promosie-eksamen) word die punte as volg ingehandig:

    Graad 8 en 9

    Tale en Wiskunde: 60% DASS + 40% Eksamenpunt.

    Die res van die vakke: 75% DASS + 25% Eksamenpunt

    OF

    volgens vakvoorskrifte.

    Graad 10 – 12

    Volgens vakvoorskrifte.

    Die registeronderwysers teken op die skedule wanneer korrek en neem  persoonlik terug na die rekenaarkamer.  Leerders mag onder GEEN omstandighede die skedules hanteer nie.

    10.3 Promosieskedules

    Promosieskedules word aan die einde van elke jaar deur ‘n skedulehoof en die betrokke registeronderwysers gedoen.  Voorskrifte word jaarliks deur die Onderwysdepartement aan die skole gestuur.

    Die uitgangspunt van die promosies is om seker te maak dat elke leerder wat dit verdien, slaag.

    11.        Onreëlmatighede in die eksamen

         Indien ‘n leerling hom/haar skuldig maak aan oneerlikheid     gedurende ‘n eksamen of toets, word verwys na die beleid vir die     Matriekeksamen. Die komitee belas met ongerymdhede sal die saak      hanteer.

         Komitee:

    ·         Skoolhoof

    ·         Lid van die bestuurspan

    ·         Lid van die beheerliggaam

    ·         Lid van die vakbond

    ·         Onderwyser.

     

     

     

     

     

    Aanvaar deur die Beheerliggaam van Goudveld-Hoërskool tydens ‘n beheerliggaamvergadering gehou te Welkom op 16 September 2010.

    Javascript DHTML Drop Down Menu Powered by dhtml-menu-builder.com