Vinnige Skakels

 

 

 

 

Die Missie van Goudveld-Hoërskool

In die verwesenliking van uitmuntende onderwys en opvoeding onderneem ons om Christelike waardes uit te leef en uit te bou.

 

Leerders:

'n Leerder van Goudveld-Hoërskool:

1. Gebruik sy/haar talente ten volle in die akademie, op sportgebied asook in kultuurbeoefening.

2. Is trots op die Afrikaanse taal- en erfenis en streef na die handhawing en uitbouing daarvan.

3. Openbaar en bevorder skooltrots.

4. Is te alle tye netjies en hoflik en tree bedagsaam teen almal op.

 

Personeel:

1.  Is lojaal teenoor die onderwys, kollegas en leerders met woord en daad.

2.  Stel die belange van die skool voorop.

 

Ouergemeenskap:

1.  Stel belang en is betrokke by hul kinders se akademiese vordering en buitemuurse aktiwiteite.

2.  Gee hulle ondersteuning aan die beheerliggaam, ouerverenigings, personeel en leerders.


.

Die Visie van Goudveld-Hoërskool

Goudveld-Hoërskool streef om 'n toonaangewende Christelik Afrikaansmediumskool in die Goudveld en die Vrystaat te bly.  Dit wil ons doen deur elke leerder toe te rus vir verdere studie of werkgeleenthede sodat hy/sy ons skool met 'n toekomsverwagting kan verlaat.

 

 

 

 

 

99