Die Gouties se Koshuisouers

Sedert 1 Januarie 2013 is Huis Goudveld onder splinternuwe bestuur.  In sy hoedanigheid as nuwe skoolhoof het mnr. Paul Sauer ook die superindendent van die koshuis geword.  As koshuisvader- en moeder het Johan Jurrius en sy vrou, Nadia, op hulle beurt die leisels by mnr. en mev. Piet Goosen oorgeneem .   Johan was voorheen 'n onderwyser by die Gouties, maar is tans 'n dosent aan die plaaslike universiteit . Nadia is 'n wiskunde onderwyser by ons skool.  Hulle het 'n seuntjie, Aldrich, van drie jaar.


Visie en Missie

Die visie en missie van Huis Goudveld is direk in lyn met die visie en missie van Goudveld-Hoërskool.  Die Christelike waardes soos wat dit by die skool toegepas word, word net so toegepas in die koshuis.


Huislike Atmosfeer

Die koshuispersoneel slaag perfek daarin om  by al die  kinders die gevoel van veiligheid en geborgenheid te skep. In dié opsig is die koshuis 'n direkte verlengstuk van hulle ouerhuise.  Ons koshuiskinders geniet hulle lewe in die koshuis. Die koshuispersoneel en kinders is soos een groot gelukkige familie.


Dissipline en Orde

Goeie dissipline en orde  is ononderhandelbaar. Dit word streng toegepas, maar op so 'n wyse dat geen koshuiskind se kreatiwiteit of geesdrif gedemp word nie. 

Op 'n jaarlikse basis word 'n nuwe koshuisraad vanuit die koshuiskinders op 'n demokratiese wyse verkies, met 'n hoofleier sowel as 'n hoofleidster.  Die Raad bestaan tans uit die volgende leerders:

Hoofseun:       Flip Kotze.

 Hoofdogter:  Karli Schoeman.

Onder Hoofseun: Ian Steyn.

Onder Hoofdogter:  Carien Mostert.

Prefekte:  Simone Petterson, Michelle Louw, Crisjan Bakkes en Dawie Pretorius.

 

 


 

 

Internettoegang

Sedert 2013 het elke koshuisleerder toegang tot hoë spoed internet. Hiermee slaag die Gouties opnuut daarin om toonaangewend te wees as dit kom by tegnologiese vooruitgang.

Veilige toegang tot die internet is in die hedendaagse skool- en beroepsopset 'n totale  noodsaaklikheid.   Gevolglik kan ons koshuisleerders hulle navorsing vir  werksopdragte doen soos enige ander leerder by hulle huise. 

 


Verblyf en Maaltye

Huis Goudveld spog met die pragtigste geboue en tuine.  Instandhouding vind  deurgaans plaas.  Die kamers is boonop lieflik toegerus met alles wat enige kind nodig het. Elke Goutie-inwoner kan met reg trots wees  op die standaard van die koshuis waarin hy bly.

Die drie maaltye wat daagliks voorsien word, is van hoogstaande gehalte. Die spyskaart is op 'n wetenskaplike manier deur dieetkundiges saamgestel. Nie net is dit voedsaam nie, maar ook lekker.


Studietye en Toesig

Koshuiskinders moet daagliks, volgens 'n studierooster, onder die toesig van opgeleide onderwysers, studeer. Tye is van 14:30 tot 15:30 en dan weer van 19:00 tot 21:00. Die matrikulante kry die vergunning om studietye in hulle kamers te studeer. Dit is 'n voorreg en nie 'n reg nie.

Die koshuiskinders se skoolwerk is van hoogstaande gehalte.  Dit word oor en oor bewys deur die pragtige resultate wat hulle oor die algemeen in eksamens behaal.

 


 

.